Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Mabalêl" deur EUGENE MARAIS
Uit "Mabalêl" deur EUGENE MARAIS [boodskap #23859] Do, 10 Junie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit MABALEL
Eugene N. Marais

.........

Voor jou voete, Mabalêl,
Deur die westergloor verhel,
Waar jy onbedagsaam staar,
Sonder ooit gedagte van gevaar,
Uit die stroomweg stadig
Dryf 'n halfverdrinkte blaar.

Had jy spiere van 'n tier,
of die vlerke van 'n gier,
Meidjie, niks sou dit jou baat,
Want te lank het jy gewag - te laat!
Uit die spieëlvlak omhoog
Bars 'n skuimend' waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm 'n enkel angsvolê kreet;
En dan saggies weer
Oor alles sak die stilte neer.

Winkend deur die skermmure
Helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
Klink geroep na Mabalêl
En die rotse antwoord weer;
Maar terugkom sal sy..... nimmermeer.

Stadig deur die rietpensele
Naar die diepte sak Lalele.
Vorige onderwerp: "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE
Volgende onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:58:07 MGT 2024